Aksie-reeks One Piece in Kaapstad verfilm
Die Netflix aksie-reeks, One Piece, waarna kykers kan uitsien, en wat aan die einde van Augustus sal begin, is grotendeels in Kaapstad verfilm. Die reeks is op stelle met skepe verfilm en Kaapstad bied verskeie geskikte plekke. Die gewilde reeks Black Sails het dieselfde agtergrond gebruik. Die stad het in die 2022/2023-boekjaar byna vierduisend permitte aan die rolprentbedryf uitgereik. Die bedryf dra jaarliks ongeveer vyf-miljard rand tot die plaaslike ekonomie by, terwyl meer as 35-duisend werksgeleenthede ook geskep word.