Akkerbouraad sluit grens vir amper alle groente

Die Namibiese Akkerbouraad het aanpassings aan die land se grense gemaak vir die invoer van groente in Februarie. Die grens is vir die maand gesluit vir die invoer van alle tipes en groottes van beet, botterskorsie, kool, wortel, Engelse komkommer, gekleurde soetrissies, groenrissies, skorsies, uie, pampoen, alle tamaties behalwe ronde tamaties, waatlemoen, mielies en spinasie. Pro-rata invoere word toegelaat vir soetpatats, ronde tamaties en spanspek. Die grens is oop vir iceberg-blaarslaai en gewaste aartappels.