Akkerbouraad sê oor GMO’s
Die Van Druten Familietrust is besig met planne vir meer besproeiing gebaseerde landbou-bedrywighede. Dit sluit in die moontlikheid om geneties-aangepaste mielies te verbou op die plaas Emilienhof in die Oshikoto-streek. Dit is in ‘n poging om produktiwiteit te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hoofbestuurder van die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, oor die raad se perspektief op geneties-aangepaste produkte.