Akkerbouers begin stelselmatig voorberei, hoop vir reën

Volgens die seisoenale reënvoorspelling vir 2024-2025 kan Namibië wisselende reënval in al die streke verwag in die komende somer. Die land het reeds ‘n moeilike landbouseisoen agter die rug, met langdurige droë periodes tydens kritieke gewas-ontwikkelingstadia. Akkerbouers begin nou voorberei en daar word gehoop dat La Niña die konsekwente en wydverspreide reënval sal bring wat nodig is om van die landbou-uitdagings te herstel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur wat in gewasse spesialiseer, oor wat boere ter voorbereiding kan doen.