Akkerboubedryf groei, maar het uitdagings

Die akkerboubedryf in Namibië groei bestendig, maar word gekonfronteer met baie uitdagings soos droogte, hoë insetkoste, plae en siektes. Namibië bly ‘n netto invoerder van hoofsaaklik vars vrugte, terwyl die produksie van die meeste groente-lyne die afgelope 10 jaar aan die toeneem is ná die bekendstelling van die Mark-aandeel-bevorderingskema, wat vereis dat handelaars ‘n sekere minimum, tans 47 perseent van die waarde van plaaslik vervaardigde produkte van plaaslike produsente, as voorwaarde vir invoer. Die plaaslike produksie is hoofsaaklik gerig op die varsprodukte binnelandse mark en uitvoere van meestal tafeldruiwe en uie. Kosmos 94.1 Nuus het met Gilbert Mulonda, van die Namibiese Akkerbouraad se gepraat…