Akkedis-sindikaat oopgevlek

Owerhede in Australië sê ‘n misdaadsindikaat wat beplan het om onwettig honderde inheemse akkedisse uit Australië na Hongkong uit te voer, is oopgevlek. Die polisie in Nieu-Suid Wallis sê die reptiele se markwaarde word beraam op meer as 15 miljoen Namibiese dollar. Drie mans en ‘n vrou is in Sydney in hegtenis geneem en aangekla van oortredings soos die uitvoer van inheemse reptiele, handeldryf met die opbrengs van misdaad en deelname aan ‘n misdaadgroep. Die polisie het beslag gelê op sowat 257 akkedisse en drie slange nadat hulle na bewering onder swak omstandighede aangehou is. Hulle is behandel en in die natuur vrygelaat.