AKA se beweerde moordenaars in hof

Die landdroshof in Durban het die identiteite onthul van vyf van die beskuldigdes in die moord op Kiernan “AKA” Forbes en Tebello “Tibz” Motsoane. Die aanklaer het in hulle eerste hofverskyning gevra die verdagtes moet hulle maskers afhaal en hulle gesigte wys. Nog twee verdagtes word in Eswatini aangehou. AKA en sy vriend is in Februarie verlede jaar doodgeskiet buite die Wish-restaurant in Floridaweg in Durban. Landdros Vincent Hlatshwayo het die borgtogaansoek uitgestel tot Woensdag.