Air Namibië werkers wen, hulle moet uitbetaal word
Oudwerknemers van Air Namibia het hulle hoërhofsaak gewen. Die groep wou die Meester van die Hoërhof wil dwing om hulle uitbetalings te maak. Regter Collins Parker het in hulle guns beslis. Die berekenings van die uitbetalings sal gedoen word op die koste van die maatskappy, per werknemer. Air Namibia is formeel op 26 Maart 2021 gelikwideer en sedertdien stoei sy voormalige werknemers om hulle volle pakkette te ontvang. Daar is ook vroeër berigte oor uitdagings met belastingopgawes vir die werkers.