Air Namibia-werkers wag steeds vir uitbetaling 

Voormalige werknemers van Air Namibia hou vandag om halftien ‘n vreedsame betoging by die kantore van die likwidateurs, Bruni en McLaren by Hidas-sentrum in Klein Windhoek. Hulle het steeds nie hulle volle skeidingspakkette ontvang nie, ondanks ‘n hoërhof-uitspraak in hul guns. Die betoging kom na die likwidateurs wat appèl by die Hooggeregshof aangeteken het. Dit vertraag weer die betaling van skeidingspakkette waarop in 2021 ooreengekom en onderteken is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Renier Bougaard, die groep se woordvoerder, wat sê dat hul benarde situasies nie erken word nie en dat hulle hul gesinne moet voed.