Air France, KLM en Airlink skep nuwe reis-geleenthede
Frankryk en Nederland se nasionale lugrederye, Air France en KLM, het ʼn ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse streeks-redery, Airlink, gesluit. Volgens die ooreenkoms het dié twee groot Europese lugrederye nou toegang tot 14 plaaslike Airlink-roetes in Suid-Afrika. Lede van Air France en KLM se Flying Blue-lojaliteitsprogram sal ook myle verdien op sekere Airlink-vlugte. Air France-KLM en Airlink beplan om hul samewerking uit te brei na Afrikalande soos Angola, Botswana, Zimbabwe en Malawi.