AI-toep kan studente se werk vir hulle doen – kenner gee mening

Toe die kunsmatige intelligensie-instrument ChatGPT laat in 2022 vir die publiek bekend gestel is, het dit die tegnologie-wêreld verras. Soos ‘n Google-soektog, kan ChatGPT gebruik word om eenvoudige vrae te beantwoord. Maar dit kan soveel meer doen, deur antwoorde op ingewikkelde opstel-vrae te lewer en ‘n dokument te genereer wat baie lyk asof dit deur ‘n mens geskryf is. Baie opvoeders is bekommerd dat studente die instrument gebruik om in wese hul huiswerk en take te doen. Skole in New York het reeds toegang tot die tegnologie op skoolnetwerke en -toestelle verbied, en kommer heers dat die gebruik daarvan nie kritiese denke en probleem-oplossings-vaardighede bou nie. Dit kan plagiaat-sagteware ontduik wat baie skole en universiteite gebruik om kullery op te spoor. Arthur Goldstuck van Worldwide Worx in Suid-Afrika deel sy mening Kosmos 94.1 Nuus.