Agtjarige seun sterf na hy homself in ma se motor skiet
‘n Agtjarige Amerikaanse seun is dood nadat hy homself per ongeluk geskiet het terwyl sy ma inkopies gedoen het. Hy het blykbaar die gelaaide vuurwapen onder die motorsitplek gekry terwyl hy buite ‘n winkel in Lehi, Utah gewag het, en homself in die kop geskiet. Hy is later in die hospitaal dood. Dit het gebeur minder as twee weke nadat nog ‘n seun van Utah onder soortgelyke omstandighede by sy ouerhuis dood is. Utah het nie wette om mense te vervolg wat nie ‘n vuurwapen beveilig nie.