Agterstand by Kaapse hawe aangespreek
Die Kaapse Kamer van Koophandel werk saam met belanghebbendes om die opeenhoping op die Kaapstadse hawe uit die weg te ruim. Suid-Afrikaanse hawens ondervind beduidende verkeer en vertragings, met meer as 60 vaartuie wat in Durban voor anker lê. Die staatsbeheerde logistiek-onderneming Transnet raam dit sal meer as vier maande duur om die agterstand uit te wis. Kaapstad se hawe ondervind vertragings van 12 tot 14 dae, wat daartoe lei dat sommige vaartuie hom vermy. Die kamer se uitvoerende hoof, John Lawson, skryf die situasie toe aan die regering se gebrek aan dringendheid.