Agtergrondondersoeke van staatsamptenare is te stadig – Zibi
Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge, Songezo Zibi, is besorg oor vertragings met die agtergrondondersoeke na senior regeringsamptenare, ondanks verbeterings. Hy het tydens ʼn inligtingsvergadering erken die huidige proses sukkel met ‘n agterstand, ʼn tekort aan hulpbronne en vakante poste, en bevestig nie alle senior amptenare word ondersoek voor hulle in kritieke poste begin werk nie. Daar word gepoog om die stelsel te verbeter, maar Zibi beklemtoon die behoefte aan strenger toesig.