Agt mense in Irak tereggestel
Owerhede in Irak het agt mense tereggestel wat aan terrorisme skuldig bevind is weens bande met die Islamitiese Staat. ‘n Veiligheidsbron sê die agt Irakese was lede van die Islamitiese Staat, en is by die Al-Hut-gevangenis, in die stad Nasiriyah, tereggestel. ‘n Plaaslike mediese bron het bevestig die departement van gesondheid het die liggame van agt tereggestelde persone ontvang. Volgens Irakese wette is terrorisme en moord strafbaar met die dood en teregstellingsverklarings moet deur die president onderteken word.