Agt mense hang vir ure lank onderstebo in tuimeltrein

Agt mense het in Crandon in die Amerikaanse deelstaat Wisconsin vir agt ure lank onderstebo in ‘n tuimeltrein gehang terwyl hulle gewag het om in ‘n uiters ingewikkelde operasie gered te word. Die tuimeltruin het weens ‘n meganiese probleem vasgesteek naby die boonste deel van die lus. Tien brandweervoertuie en nege ambulanse met meer as 50 personeellede van drie distrikte het in die reddingspoging gehelp. Weens die hoogte moes gespesialiseerde reddingspanne en hulptoerusting gebruik word om die passasiers te bevry. Die eerste passasier is binne minder as twee ure gered en die laaste passasier meer as drie later nadat die tuimeltrein tot stilstand gekom het. Nege mense is op die toneel behandel en een beseerde is na ‘n hospitaal geneem.