Mynwerkers beseer nadat tornado Wyoming tref
Minstens agt mense is beseer toe ‘n tornado ‘n myn in die Amerikaanse deelstaat Wyoming getref het. Die mynwerkers was glo besig omskofte te ruil toe die tornado die Antelope Rochelle-myn getref het. Volgens ‘n verklaring van die hospitaal is die ses mense in ‘n stabiele toestand. Die maatskappy wat die myn bestuur het bevestig dat daar ook skade aan die infrastruktuur was. Geen ander werknemers is egter beseer nie, maar bedrywighede by die myn is opgeskort totdat dit weer veilig verklaar is.