AgriSA sê regering moet uit voedselpryse bly

AgriSA sê inmenging deur die regering is geen oplossing vir die stygende voedselpryse nie, maar is in werklikheid ‘n wanbeoordeling van die situasie.  Dit volg nadat die Kabinet die Ekonomiese groepering aangeraai het om ‘n aksieplan op te stel oor voedselpryse, voeselsekerheid en toegang tot voedsel. Die organisasie sê hy sal ‘n brief aan die landbouminister, Thoko Didiza, skryf, oor die gevare wat die regering se genoemde plan inhou om by voedselpryse in te gryp. AgriSA glo die regering reageer refleksief, wat baie nadelige gevolge inhou.