AgriSA eis deursigtigheid in watertarief-bepalings

AgriSA doen ‘n beroep vir meer deursigtigheid terwyl die Departement van Water en Sanitasie sy konsep- watertariefstrategie vir die eerste keer sedert 2007 opdateer. Die organisasie sê hoewel dit noodsaaklik is om waterinfrastruktuur op  billike wyse te befonds, moet die nuwe tariewe volhoubare waterbestuur met die ekonomiese en maatskaplike voordele van boerdery balanseer. Volgens AgriSA is duidelike kommunikasie noodsaaklik oor hoe watertariewe bereken en gebruik word, ten einde te verseker landbou bly volhoubaar en ondersteun voedselsekerheid in die land.