Agribank sleep Deodat Dirkse hof toe
Agribank dagvaar die sekretaris-generaal van die Nama Tradisionele Leiersvereniging Deodat Beukes en sy vrou Annetha vir net minder as 276 000 Namibiese dollar vir ‘n 2004-lening van 266 500 dollar om porsie een van plaas Neckartal in die Suide te koop. Die bank sê betalings is nie gemaak nie en vra vir ‘n summiere vonnis. Die saak het vandag voor regter Thomas Masuku voorgekom vir saakbestuur en sal weer op 19 Februarie volgende jaar voorkom vir hoofargumente. Die Beukes verdedig.