Agribank sê hy word N$500m geskuld
Die lewensvatbaarheid van Agribank wek kommer na die bank bekend gemaak het dat hy 500 miljoen Namibiese dollar geskuld word in agterstallige lenings. Die bank het die afgelope paar jaar aansoeke vir verstekvonnisse gebring in die hoërhof maar meen dat die opveil van grond vir hom ‘n laaste opsie is. Die bank het boere met agterstallige lenings gevra om onmiddellik in verbinding te tree sodat lenings herstruktureer kan word en betalings hervat word.