Agribank bied droogte-verligting aan kliënte

Agribank het ‘n droogtehulpinisiatief van 104,6 miljoen Namibiese dollar van stapel gestuur. Die fasiliteit is van vandag vir sy kliënte met grond- en lewendehawe-lenings beskikbaar. Verder sal die bank ook rente op agterstallige rekenings van ongeveer 83 miljoen dollar laat vaar. Die bank se uitvoerende hoof Raphael Karuaihe het vandag die aangekondig gemaak.