Agri SA: Samewerking tussen Brics- en SAOG-lande nodig
Die twee daagse Agri SA-kongres in die Noord-Kaap het tot vandag in Kimberley plaasgevind en die uitvoere van landbouprodukte gepaardgaande met werkskepping, was onder bespreking. Agri SA se hoof uitvoerende beampte, Christo van Rheede, het tydens ‘n onderhoud na die kongres gesê dit is belangrik vir Agri SA om saam met Brics-lande, sowel as buurlande soos Namibië te werk.