Agra se ‘Skenk vir Pienk’-veldtog ‘n reuse-sukses

Gedurende Oktobermaand het Agra Auctions hul eerste “Skenk vir Pienk”-veldtog aangebied om fondse vir die Kankervereniging van Namibië in te samel. Weens die oorweldigende reaksie van die Namibiese boere en op hul versoek, is die veldtog tot 15 November verleng. Meer as 177 965 Namibiese dollar is vir die veldtog ingesamel en aan die uitvoerende hoof van die vereniging, Rolf Hansen, oorhandig. Hy het aangedui dat die fondse gebruik sal word om hul te help inisiatiewe om bors- en eierstokkanker te diagnoseer en te behandel.