Agra gee ruim skenking vir Groogtehulp Namibië

Droogtehulp Namibië het ‘n ruim skenking van 150 000 Namibiese dollar van Agra ontvang na ‘n fondsinsameling in April. Personeel het daarin geslaag om 50 000 dollar in te samel en die maatskappy het 100 000 dollar bygevoeg. Die fonds het aangekondig dat ‘n aansienlike bedrag nodig is om boere te help te midde van die droogte, en hulle het ‘n tekort van 200 000 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Henriette le Grange van Droogtehulp Namibië oor wat die skenking vir die fonds beteken.