Agoa forum vanjaar in Johannesburg
Vanjaar se Afrika Handel en Ekonomiese Samewerking, of Agoa, forum vind van 1 tot 4 November in Johannesburg plaas. Sleutelafvaardigings van alle lidlande, streeks-ekonomiese entiteite, sowel as verteenwoordigers van die private en openbare sektore sal hier bymekaarkom. Die doel is om handels- en ekonomiese bande tussen Amerika en Afrika suid van die Sahara te versterk. Die beraad sal ook ‘n ‘Made in Africa’-uitstalling bevat, wat spesifiek daarop gefokus is om streekswaardekettings op die vasteland te demonstreer. Daar is ook ander aktiwiteite, soos ‘n dinamiese besigheidsforum en geskeduleerde besigheid-tot-besigheid vergaderings.