Afwesige vaders onder die loep in die hoofstad

‘n Bespreking oor afwesige vaders in Namibië word Donderdag in samewerking met die Hanns Seidel-stigting en die Britse Hoë Kommissariaat in die hoofstad gehou. Die probleem is uiters groot in die land en kenners meen die impak daarvan strek baie verder as net vermiste onderhoudsgeld maar raak ook die ontwikkeling van kinders. Die bekende maatskaplike aktivis Rosa Namises sê dit is lankal tyd vir so ‘n bespreking.