Afronaut mik ruimte toe
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap in Pretoria het sy visier ingestel op die toekoms van ruimtereise. Die agentskap is aktief betrokke by pionierswerk met innovering en samewerking met internasionale ruimteprogamme om die moontlikheid van ruimte-ontdekking te bevorder. Die bestuurder van Wetenskaps-betrokkenheid, Daniel Matsapola, sê dit is deel van hulle strategie om grense te verskuif en ruimtereise ‘n werklikheid vir Suid-Afrika te maak. Hy sê die idee is om die eerste sogenaamde Afronaut die ruimte in te stuur: