Afrobarometer-opname wys houdings oor seksuele kwessies

Namibiërs is oorweldigend ten gunste van toegang tot voorbehoedmiddels en seksvoorligting, ongeag die betrokke persoon se ouderdom of huwelikstatus. Dit is volgens die jongste opname deur Afrobarometer, wat houdings teenoor seks, swangerskap, aborsie en ander kwessies openbaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lizl Stoman, ‘n navorser by die Survey Warehouse, wat van die bevindinge uiteensit.