Afrikane suid van die Sahara verdien al minder
Inkomste in Afrika suid van die Sahara daal verder agter die res van die wêreld te midde van ‘n louwarm ekonomiese herstel. Die Internasionale Monetêre Fonds waarsku verder teen risiko’s van geopolitiek, binnelandse onstabiliteit en klimaatsverandering. Wanneer die bevolkingsgroei in ag geneem word, word die inkomstegaping met die res van die wêreld groter volgens die fonds. In ander ontwikkelende lande het reële inkomste per persoon meer as verdriedubbel het sedert 2000, terwyl hulle 75 persent in Afrika suid van die Sahara en 35 persent in ontwikkelde lande gegroei het.