Afrika-vredesending ontlok gemengde reaksie
Die onlangse Afrika-vredesending om vrede tussen Rusland en Oekraïne te probeer bewerkstellig, het gemengde reaksie ontlok. Sommige mense bevraagteken die integriteit van hierdie Afrika-leiers wat dit goed geag het om die konflik in Europa op te los terwyl soortgelyke konflikte in onder meer Sudan en die Republiek van die Kongo onopgelos is. Politieke kenner oor Afrika-sake dr. Charles Sinkala het sy sy reaksie op die kritiek gegee en aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die Afrika-leiers gedoen het wat van hulle verwag is…