Afrika vernuf bring sonkraggedrewe motorfiets!

‘n Elektriese motorfiets wat in Afrika gebou is en slegs deur sonkrag aangedryf word, gaan volgende maand die lang pad van Nairobi in Kenia na Stellenbosch in die Wes-Kaap aanpak. Navorsers van die Universiteit van Stellenbosch het kragte saamgesnoer met Roam, ‘n tegnologiemaatskappy in Nairobi wat elektriese voertuie vervaardig om die Roam Air te toets. Die motorfiets gaan sowat 6 000 kilometer aflê met slegs sonkrag as energiebron. ‘n Doktorsgraad-kandidaat en mede-navorser van die projek, Stephan Lacock, gaan saam met Masa Kituyi op die fiets ry.