Afrika-toerisme onder die loep by beleggingsforum

Die Afrika Gasvryheid-beleggingingsforum is aan die gang by die Mövenpick Hotel in die hoofstad. Hierdie geleentheid is ‘n belangrike mylpaal vir Namibië aangesien dit vir die eerste keer in Suider-Afrika gehou word. Namibië het verlede jaar die bod verkry om die forum aan te bied deur die pogings van die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling, NIPDB, wat ook dien as die geleentheid se gasheervennoot. Nangula Uandja, die raad se uitvoerende hoof, het die verwelkomingstoespraak gelewer en bygevoeg wat die persentasie is wat Afrika tot wêreldtoerisme bydra.