Afrika-SME’s in vrouebesit kry hupstoot

Die regstellende aksie vir Vroue in Afrika-finansiesreeks is in Johannesburg van stapel gestuur. Die Afrika-Ontwikkelingsbank, die Afrika-Waarborgfonds en die Bankvereniging van Suid-Afrika het die veldtog bekendgestel om finansiële inklusiwiteit vir ondernemings in vrouebesit te verbeter. Die reeks wil bykans 95-miljard Suid-Afrikaanse rand teen 2026 ontsluit en sal 30 000 klein-, mikro- en medium-ondernemings in vrouebesit steun. Die program gee aandag aan die geslags-finansieringsgaping deur opleiding, tegniese bystand en vennootskappe met finansiële instellings, en bevorder ekonomiese groei en werkskepping in Afrika.