Afrika sien meer mediese aflewerings met hommeltuie

Die groei in Afrika se hommeltuigmark het gelei tot ‘n aansienlike toename in mediese aflewerings met hommeltuie in afgeleë gebiede. ‘n Hommeltuigkenner van iTOO Special Risks, Kopano Tholo, sê logistieke dienste is meer doeltreffend, veral in landelike gebiede met swak pad-infrastruktuur. Rwanda en Ghana gebruik hommeltuie vir die suksesvolle aflewering van entstowwe en ander mediese materiaal. Hy sê al is Suid-Afrika die vasteland se grootste hommeltuigmark, is die land agter met die regulering van hommeltuigaflewerings as gevolg van veiligheidskwessies en die afwesigheid van onbemande verkeersbestuurstelsels.