Afrika se grootste hervestiging van aasvoëls vind in Oos-Kaap plaas

Die Suid-Afrikaanse departement van die omgewing het magtiging verleen vir die verskuiwing van die eerste groep van 155 aasvoëls na ‘n nuwe tuiste in die Oos-Kaap as deel van die grootste hervestiging van aasvoëls ooit. Die fasiliteit van VulPro by die Shamwari private wildreservaat sal die nuwe tuiste wees vir krans- en witrugaasvoëls wat einde Januarie van VulPro se gerief by Hartbeespoortdam daarheen geneem sal word.  Die verskuiwing is die eerste fase van ‘n verskuiwingsprogram wat twee jaar sal duur.