Afrika se grootste dagga-ekspo in Sandton gehou

Afrika se grootste dagga-ekspo het in die Sandton Konvensie Sentrum in Johannesburg
ten einde geloop. Meer as honderd uitstallers was teenwoordig. Ten spyte van die
stigma wat aan dagga kleef, ondersoek baie lande die moontlikheid om die bedryf te
ondersteun en die ekonomie ‘n hupstoot te gee. Die ekspo se hoofdoel was volgens die
organiseerders om die buurland se regering, aandeelhouers en die algemene publiek
bewus maak van die voordele van die daggaplant en die vernuwende produkte wat
daaruit spruit.Hieronder tel glo mediese, finansiële, landbou- en leefstyl-aspekte.