Afrika se groei vooruitsigte daal

Die Wêreldbank het sy ekonomiese groeivoorspelling vir Afrika suid van die Sahara vanjaar tot 3 persent verlaag vanaf 3,4 persent, hoofsaaklik weens die vernietiging van Soedan se ekonomie in ‘n burgeroorlog. Daar word egter verwag dat groei gemaklik bo verlede jaar se 2,4 persent sal bly danksy hoër private verbruik en belegging, sê die bank in sy jongste ekonomiese vooruitsigteverslag, Africa’s Pulse. Die verslag voorspel volgende jaar se groei op 3,9 persent, bo sy vorige voorspelling van 3,8 persent. Die groeivoorspellings staar egter steeds ernstige risiko’s in die gesig van gewapende konflik en klimaatsgebeure soos droogtes, vloede en siklone.