Afrika Reis-indaba skop in Durban af

Afrika se Reis-indaba het vandag die eerste keer weer begin sedert die begin van die Covid-19-pandemie meer as twee jaar gelede. Die grootste toerisme-uitstalling op die vasteland is tans in Durban aan die gang. Die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, het by die geleentheid die belangrikheid van samewerking beklemtoon om die sektor se herstel te bespoedig.