Afrika Onderwys-stigting: Onnies gee nie om vir leerders
Die Stigting vir Onderwys en Maatskaplike Geregtigheid Afrika is bekommerd dat daar te veel onderwysers in die stelsel is wat glad nie omgee vir die welstand van leerders nie. Hoewel baie van hierdie onderwysers ʼn onderneming met die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders onderteken het, doen hulle die teenoorgestelde. ʼn Woordvoerder van die stigting, Hendrik Makaneta, sê hulle het ʼn aantal skole gemonitor en besef onderwysers steur hulle nie aan die grondliggende plig van versorging nie, wat deur wetgewing vereis word.