Afrika-mynmaatskappye gebruik al meer groen energie
Mynmaatskappye oral in Afrika is besig om vinnig groen energie-oplossings te aanvaar wat gedryf word deur ekonomiese aansporings en volhoubaarheidsdoelwitte. Al die lande op die vasteland het hulle op een of ander manier verbind aan nul-koolstofuitlatings, koolstofverminderings, en klimaatverandering word vooropgestel. Nedbank se hoof van Infrastruktuur, Energie en Telekommunikasie, Mike Peo, sê daar is ‘n aansienlike oorgang na hernubare energie, veral in Suid-Afrika, Kenia en ander lande.