Afrika moet stappe neem om voedselkrisis af te weer
Die sekretaris-generaal van die Afrika-vasteland se Vrye Handelsgebied, Wamkele Mene, sê Afrika moet gebruik maak van sy hulpbronne om ‘n dreigende voedselkrisis af te weer. Mene sê die Russies-Oekraïnse konflik het Afrika se swakpunt ten opsigte van voedelsekerheid blootgelê. Mene het in Akkra, Ghana, gepraat op die Afrika Ontwikkelingsbankgroep se jaarvergadering. Hy sê 43 uit 54 lande het die ooreenkoms bekragtig om intra-Afrika-handel ‘n hupstoot te gee. Mene sê die proses moet versnel word.