Afrika ‘moet fokus op klimaatdiplomasie’

Die Internasionale Krisisgroep waarsku verteenwoordigers uit Afrika op COP28 om klimaatdiplomasie te beskerm teen afleiding weens oorloë en ekonomiese kwessies. Die groep sê die oorloë in Oekraïne en Gaza kan die vasteland se belange benadeel op die konferensie oor klimaatverandering in Dubai. Daar word berig die Afrika Ontwikkelingsbank wil fondse vir klimaatsoptrede insamel, met die fokus op die verpligtinge van ryker nasies. Indien ondersteuning nie bekom word nie, kan dit rampspoedig wees vir Afrikalande wat reeds die uitwerking van die klimaat ervaar. Klimaatverwante rampe het verlede jaar 27 miljoen kinders geraak.