Afrika kry eerste ondergrondse laboratorium

Afrika se eerste diep ondergrondse wetenskaplaboratorium naby die Paarl, bekend as PAUL, gaan binne die volgende vyf tot tien jaar ‘n werklikheid word. Dit word ingerig in die Du Toitskloofberge in die Wes-Kaap, en sal die vasteland se eerste en die Suidelike Halfrond se tweede laboratorium van hierdie aard wees. Die gerief het ten doel om donker materie te bestudeer en unieke navorsing in verskeie velde te doen. Professor Faïrouz Malek van die Universiteit Stellenbosch sê die laboratorium se vestiging sal aansienlike voordele vir wetenskap, onderwys en die breër gemeenskap inhou.