Afrika ‘kry 3,3 miljoen groen werksgeleenthede by teen 2030’

‘n Nuwe verslag toon Afrika kan teen 2030 3,3-mijoen werksgeleenthede in 12 sektore skep. Die Forecasting Green Jobs in Africa-verslag deur Shortlist en FSD Africa, konsentreer op die sektor vir hernubare energie, veral sonkrag, ‘n sleutel-skepper van werk. Die meeste groei word verwag in die Demokratiese Republiek van die Kongo, Ethiopië, Kenia, Nigerië en Suid-Afrika. Die verslag beklemtoon die behoefte aan belegging in vaardigheidsontwikkeling en samewerking oor sektore heen om aan die vraag te voldoen.