Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied bring voordele

Namibië is deel van die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied, wat verskeie voordele bied en daarop gemik is om groei en volhoubare ontwikkeling teen 2063 op die vasteland te vestig. Daar word gepoog om ‘n enkele kontinentale mark vir goedere en dienste te skep, met vrye beweging van sakepersone en beleggings, asook die uitbreiding van handel binne Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard, die hoof van die NMI-groep, gesels oor wat die ooreenkoms vir die land beteken in terme van uitvoere en invoere.