Afrika-kenner sê oor Mosambiek-geweld
Geweld in Mosambiek duur voort, met betogings wat verlede maand in Maputo en elders uitgebreek het nadat Daniel Chapo amptelik as wenner van die presidensiële verkiesing verklaar is. Meer as 26 sterftes, 37 beserings deur lewendige ammunisie en 173 arrestasies is aangemeld, wat wêreldwye kommer wek. Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het ook kommer uitgespreek maar nie veel meer gedoen nie. Die VN en menseregtegroepe het ‘n beroep gedoen op ‘n einde aan geweld en onderdrukking, en waarsku teen maatreëls wat vryhede kan beperk. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Nixon Kariithi, ‘n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, oor die kwessie gesels.