Afrika-jeug moet goeie regering en leierskap op vasteland bou – Cyril

President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen op Afrika se jongmense om etiese leierskap en goeie regering op die vasteland te ontwikkel. Tydens die hoofrede op die eerste Nelson Mandela Jeug Dialoog, het Ramaphosa jongmense daaraan herinner hulle is die outeurs van Afrika se groot toekoms. Die geleentheid het ‘n platform geskep vir interaksie tussen jongmense van die Afrika-vasteland. Die president sê die dialoog is ‘n manier om die jeug as bouers van die toekoms byeen te bring: