Afrika-jeug draai weg van demokrasie
Die Afrobarometer-opname het bevind 56 persent van jong Afrikane is ten gunste van militêre heersers en glo staatsgrepe vind plaas weens verkose leiers se magsmisbruik. News24 berig slegs 47 persent van mense ouer as 55 voel dieselfde. Die opname toon ook 60 persent van jongmense is ontevrede met demokrasie, en 40 persent glo hulle leiers is korrup. Dit hou verband met onlangse staatsgrepe in die Sahel-streek in Noord-Sentraal-Afrika, waar ontevredenheid met demokrasie algemeen voorkom. Die opname is gedoen onder 53 000 mense in 39 lande.