Afrika is derde grootste mark vir Wes-Kaapse landbou-uitvoere
Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, sê landbou is die belangrikste ekonomiese bedryf in Afrika, want dit verskaf werksgeleenthede, voedselsekerheid en ekonomiese groei. Afrika is die derde grootste mark vir die provinsie se basiese landbou-uitvoerprodukte en het verlede jaar 4,3 miljard Suid-Afrikaanse rand ingebring. Meyer sê hy beskou marktoegang as ‘n noodsaaklike veranderlike in die landbousektor se groei en die provinsie se ekonomie.